Hoërskool Groote Schuur
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Hoërskool Groote Schuur in Nuweland, Kaapstad, is van kort ná sy ontstaan in 1959 tot in die jare 90 gereken as een van die beste skole in die Skiereiland en was in 'n nie-Afrikaanse omgewing, tot met die invoer van parallelmedium-onderrig in die vroeë jare 90 (Engels is van 2011 af die enigste onderrigmedium[1]), 'n lewende monument van Afrikaanse kultuur en opvoeding waarop die Afrikaanse gemeenskap in die suidelike voorstede met reg trots kon wees.
Kitsfeite Leuse, Gestig ...
Hoërskool Groote Schuur | |
Leuse | Ek sal handhaaf |
---|---|
Gestig | 28 Januarie 1959 |
Tipe | Staats |
Hoof | H.W. Ehrenreich |
Leerlinge | 775 |
Grade | 8-12 |
Adres | Palmyraweg, Nuweland |
Stad | Kaapstad |
Provinsie | Wes-Kaap |
Land | Suid-Afrika |
Kleure | |
Koshuis(e) | Een |
Webblad | Tuisblad |
Sluit