Grootstrandkiewiet
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Grootstrandkiewiet (Charadrius leschenaultii) is 'n voël en skaars somerbesoeker aan Suider-Afrika se kuswatermassas. Hulle kom meer in die ooste voor veral in Mosambiek. Die voël word 22 – 25 cm groot en weeg 75 - 130 gram met 'n vlerkspan van 55 cm. Die streeksbevolking is sowat 2000 voëls. In Engels staan die voël bekend as die Greater sand plover.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Grootstrandkiewiet | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. leschenaultii |
Binomiale naam | |
Charadrius leschenaultii (Lesson, 1826) | |
Sluit