Groot Rif
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Groot Rif of Donker Rif is in sterrekunde ’n reeks oorvleuelende, donker molekulêre stofwolke tussen die Sonnestelsel en die Carina-Sagittarius-arm van die Melkweg, op ’n afstand van sowat 300 ligjare (3×1015 kilometer) van die Aarde af. Die wolke bevat na raming sowat ’n miljoen sonmassas plasma en stof.[1]