Griffith-sterrewag
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Griffith-sterrewag (Engels: Griffith Observatory) is 'n openbare sterrewag, geleë op 'n hoogte van 1 135 voet of 346 m bo seevlak teen die suidelike helling van die bergpiek Mount Hollywood in Griffith Park, Los Feliz, Los Angeles, Kalifornië. Dit is in besit van en word bestuur deur die Stad Los Angeles se Departement van Ontspanning en Parke.
Griffith Park in Los Feliz, Los Angeles
Kalifornië
Verenigde State
Opening
14 Mei 1935
Boustyl
Argitekte
John C. Austin • Frederick M. Ashley
Webtuiste
GriffithObservatory.org
Die sterrewag wat, naas sy uitstalling oor kosmiese en wetenskaplike onderwerpe, van die beste uitsigte oor die Los Angeles-bekken, insluitende die middestad in die suidooste, Hollywood in die suide (insluitende die Hollywood-kenteken) en die Stille Oseaan in die suidweste bied, is die mees besoekte openbare sterrewag ter wêreld met jaarliks sowat een miljoen besoekers. Meer mense het deur die sterrewag se historiese Zeiss-12 duim-refraksieteleskoop gekyk as deur enige ander teleskoop op aarde.[2] As een van Los Angeles se ikoniese strukture is die sterrewag verskeie kere as toneel vir meer as 300 televisieprogramme en rolprente gekies, so onder meer vir James Dean se laaste fliek Rebel Without a Cause in 1955 en die musiekblyspel La La Land in 2016.
Volgens die laaste wil van kolonel Griffith J. Griffith, die naamgewer en weldoener wat die bou van die sterrewag, 'n uitstallingsaal en planetarium met 'n skenking moontlik gemaak het, het belangstellendes vrye toegang sedert die sterrewag se opening op 14 Mei 1935.[3] Die omliggende grond van 3 015 akkers (12,2 vk km) is eweneens deur Griffith, 'n boorling van Wallis in die Verenigde Koninkryk, op 16 Desember 1896 aan die Stad Los Angeles geskenk. Griffith se doelwit was om sterrekunde toeganklik te maak vir die publiek – in teenstelling met die alternatiewe konsep van sterrewagte wat op afgeleë bergpieke opgerig word en uitsluitlik toeganklik is vir wetenskaplikes.[4]
'n Tweede belangrike skenking is deur Leonard Nimoy, bekend as Mr. Spock (een van die hoofkarakters in die wetenskapsfiksie-televisiereeks Star Trek), en sy vrou Susan gemaak. Die Nimoys was geesdriftige ondersteuners van die sterrewag en het $1 miljoen beskikbaar gestel vir omvattende herstelwerk wat in 2002 begin is.[5]