Gevlekte hiëna
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die gevlekte hiëna (Crocuta crocuta), ook bekend as die laggende hiëna,[1] is 'n soogdierspesie van 'n hiëna uit die orde Carnivora. Hulle is mediumgrootte karnivore wat inheems aan Sub-Sahara-Afrika is. Gevlekte hiënas is die enigste oorlewende spesie in die genus Crocuta. Hulle lyk op hondagtige diere (bv. wolwe, honde, ens.), maar dié diere behoort tot 'n heel ander familie.
Gevlekte hiëna | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Crocuta |
Spesie: | C. crocuta |
Binomiale naam | |
Crocuta crocuta (Erxleben, 1777) | |
Verspreiding van die gevlekte hiëna |
Die gevlekte hiëna is gelys as van die minste kommer deur die IUBN weens sy wye verspreiding en groot getalle, beraam op tussen 27 000 en 47 000 individue.[2] Die spesie ervaar egter 'n daling in getalle buite beskermde gebiede, as gevolg van habitatverlies en stropery. Die spesie het waarskynlik ontstaan in Asië,[3] en was teenwoordig oor die hele Europa vir ten minste een miljoen jaar tot die einde van die Laat Pleistoseen.