Germanwings-vlug 9525
From Wikipedia, the free encyclopedia
Germanwings 9525 (4U9525/GWI18G)[1] was 'n geskeduleerde internasionale passasiersvlug vanaf Barcelona–El Prat-lughawe in Spanje op pad na Düsseldorf in Duitsland, wat deur Germanwings, 'n laekosteredery besit deur Lufthansa, onderneem is. Op 24 Maart 2015 het die vliegtuig, 'n Airbus A320-200, 100 kilometer (62 myl) noordwes van Nice, in die Franse Alpe, neergestort nadat 'n konstante daling begin het een minuut na die laaste roetinekontak met lugverkeerbeheer en kort ná die vliegtuig sy kruishoogte bereik het. Al 144 passasiers en ses bemanningslede is in die ongeluk dood.
Kitsfeite Datum, Oorsaak ...
Germanwings-vlug 9525 | |
---|---|
Die verongelukte vliegtuig | |
Datum | 24 Maart 2015 |
Oorsaak | Interne kaping |
Plek van ramp | Franse Alpe |
Sterftes | 150 (almal) |
Beserings | 0 |
Vliegtuigtipe | Airbus A320-200 |
Vliegtuigstertnommer | D-AIPX |
Oorsprong | Barcelona–El Prat-lughawe, Spanje |
Bestemming | Düsseldorf Internasionale Lughawe, Düsseldorf, Duitsland |
Passasiers | 144 |
Bemanning | 6 |
Oorlewendes | 0 |
Sluit