Gawie Cillié
From Wikipedia, the free encyclopedia
Prof. Gabriël Gideon (Gawie) Cillié (Stellenbosch, 13 Julie 1916 – Strand, 15 Junie 2000) was 'n Suid-Afrikaanse astrofisikus, orrelis, koordirigent, komponis van Afrikaanse gewyde musiek, eertydse voorsitter van die FAK en voorsitter van die konvokasie van die Universiteit van Stellenbosch.[1] Hy het waarskynlik die grootste enkele bydrae gelewer ter bevordering van die kerkmusiek in Suid-Afrika.[2] Sy bydrae as vertaler, verwerker, komponis en koordirigent het gelei tot ’n hersiening en uitbreiding van Afrikaanse liturgiese musiekbronne.[3]
Gawie Cillié | |
---|---|
Gawie Cillié toe hy orrelis van die Stellenbosse moedergemeente was. | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Gabriël Gideon Cillié |
Ook bekend as | Klein-Gawie |
Gebore | 13 Julie 1916 Stellenbosch, Suid-Afrika |
Sterf | 15 Junie 2000 Strand, Wes-Kaap |
Genres | Gewyde musiek |
Beroep(e) | Astrofisikus, orrelis, koordirigent, komponis |
Instrumente | Orrel |
Jare aktief | 1939–1985 |
Cillié was 37 jaar lank wiskundedosent aan die Universiteit van Stellenbosch. Met sy groot liefde vir kerkmusiek en koorsang was hy byna vyf dekades 'n bekende in kulturele kringe. Hy was 25 jaar die orrelis-koorleier in die NG moedergemeente op Stellenbosch en van 1941 tot 1945 dirigent van die US-koor. Cillié was ook 'n gewilde spreker oor die sterrekunde. Met sy uittrede in 1975 as hoogleraar in wiskunde aan die US het hy 'n pos as musiekdosent aan die Vrystaatse Universiteit in Bloemfontein aanvaar met die oog op die bevordering van kerkmusiek. Hy het in 1983 daar afgetree. As voorsitter van die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge van 1980 tot 1984 het Cillié hom gewy aan kulturele samewerking tussen Afrikaners. Cillié het geglo "die geheim van oorlewing van die Afrikaner-kultuur lê nie in geweld of in die opsweping van mense oor ons land se roemryke verlede nie, maar in die uitbreiding van ons kultuur na ons mede-Afrikaners".