Garnaal
From Wikipedia, the free encyclopedia
Garnale (Caridea), ook bekend as die ware garnale, is klein kreefagtige diere wat aan die orde van tienpotiges (Decapoda) behoort. Hulle kom wydverspreid oor die wêreld in beide vars- en seewater voor, hoewel die meeste spesies in die see leef. Van die spesies kom op sandbanke voor, waar hulle hulself vir beskerming teen predatore ingrawe.
Kitsfeite Garnale, Wetenskaplike klassifikasie ...
Garnale | |
---|---|
Heterocarpus ensifer | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | Pleocyemata |
Infraorde: | Caridea Dana, 1852 |
Superfamilies | |
Sien teks. |
Sluit
Garnale word deur mense as 'n voedselbron benut en word as 'n lekkerny beskou. Dit kan, byvoorbeeld, as garnaalkelkies of garnalebroodjies[1] (broodjies wat uitgehol en met gaar garnale gevul is) opgedis word.