Fritz Kreisler
From Wikipedia, the free encyclopedia
Friedrich "Fritz" Kreisler (2 Februarie 1875 – 29 Januarie 1962) was 'n Oostenryks-gebore violis en komponis.[1]Hy was tydens sy era as een van die roemrykste meesters van die viool beskou, en inderdaad ook as een van die grootste violiste van alle tyd. Hy is bekend om die 'soetheid' van sy toon en sy uitdrukkingsvolle frasering. Hy het soos baie groot violiste van sy tyd 'n karakteristieke klank voortgebring wat onmiddellik herkenbaar is as sy eie. Alhoewel sy styl grootliks afkomstig is van die Frans-Belgiese skool, herinner dit steeds aan die gerieflike of "gemütliche" leefstyl van voor-oorlogse Wene.
Kitsfeite Agtergrondinligting, Geboortenaam ...
Fritz Kreisler | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Friedrich Kreisler |
Gebore | (1875-02-02)2 Februarie 1875 Wene, Oostenryk-Hongarye |
Sterf | 29 Januarie 1962 (op 86) New York Stad, New York, VSA |
Genres | Klassiek |
Beroep(e) | Komponis, violis |
Instrumente | Viool |
Jare aktief | 1903–1950 |
Sluit