Frischgewaagd
From Wikipedia, the free encyclopedia
Frischgewaagd is 'n nedersetting in Noordwes aan die R565 tussen Rustenburg, Ledig en die Pilanesberg Natuurreservaat. Die Frischgewaagd-Ledig-gebied is bekend vir sy platinummyne.[1]
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Frischgewaagd | |
---|---|
Koördinate: 25°55′0″S 25°30′28″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Sluit
Frischgewaagd was op 16 Junie 2011 in die nuus gewees nadat die DA-leier Helen Zille hier Jeugdag gevier het.[2] In die munisipale verkiesings van Mei 2011 was Frischgewaagd die eerste wyk sonder enige kiesers van minderheidgroepe wat 'n DA-meerderheid opgelewer het. Die DA het 1006 stemme verower, die ANC 960.