Filmografie van Jack Nicholson
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jack Nicholson is 'n Amerikaanse akteur, regisseur en draaiboekskrywer. Hy het sy filmdebuut gemaak in The Cry Baby Killer (1958). Nicholson word beskou as een van die grootste akteurs van sy generasie.[1][2] Hy is ook een van die mees roemryke akteurs en het kritiese lof vir sy akteurspel ontvang: sy 12 Oscar benoemings is die meeste benoemings wat tot op datum deur 'n manlike akteur ontvang is.[3] Hy het ook eerbewyse ontvang vanaf die Kennedy Center en is 'n ontvanger van die AFI toekenning vir lewenslange prestasie asook die Golden Globe Cecil B. DeMille-toekenning.[4][5][6]
Nicholson het in die eerste dekade van sy akteursloopbaan in verskeie mindere rolle in die film- en televisiebedryf verskyn. Sy enigste noemenswaardige rol in die tyd het voorgekom in onafhanklike films. Nicholson se deurbraakrol was in Easy Rider (1969). Nicholson het daarna verskyn in Five Easy Pieces (1970). Hy het hierna in die komedie-dramafilm Carnal Knowledge (1971) gespeel. Sy rol in The Last Detail (1973) het aan hom 'n Cannes-toekenning vir Beste Akteur besorg.[7] Vir sy rol in die film Chinatown (1974) (wat deur Roman Polanski geregisseer is) is hy bekroon met 'n Golden Globe vir Beste akteur.[8] Hy het hierna die rol gespeel van Randle McMurphy in One Flew Over the Cuckoo's Nest (1975) wat deur Miloš Forman geregisseer is, en wat 'n toekenning vir Beste film gewen het en aan hom 'n Oscar besorg het vir Beste Akteur.[9] In 1976 het hy gespeel in die filmverwerking (1976) van F. Scott Fitzgerald se The Last Tycoon (1941). In die jaar het hy ook saam met Marlon Brando in die western The Missouri Breaks gespeel. In 1978 het Nicholson in 'n verdere western, die film Goin' South gespeel en dit ook geregisseer.
In 1980 het Nicholson die rol van Jack Torrance gespeel in Stanley Kubrick se The Shining. Vir sy vertolking van die kommunis Eugene O'Neill in Reds (1981) is Nicholson met 'n BAFTA-toekenning vir Beste Akteur in 'n ondersteunende rol bekroon.[10] Hy het 'n Golden Globe-toekenning vir Beste Ondersteunende Akteur gewen vir sy rol in Terms of Endearment (1983).[11] Hy het later in die opvolg film hierop uit 1996, The Evening Star, gespeel. Hy het saamgewerk met die regisseur John Huston in Prizzi's Honor (1985), waarvoor hy benoem is vir 'n Oscar vir Beste Akteur.[12] Sy rol as die fiktiewe karakter Francis Phelan in Ironweed (1987) het hom 'n verdere Oscar benoeming vir Beste Akteur besorg.[13] Hy het hierna die rol van Joker (Jack Napier) vertolk in Batman (1989) wat deur Tim Burton geregisseer is. Nicholson het hierna gespeel The Two Jakes (1990) waarvan hy ook die regisseur was, welke 'n opvolg film was op Chinatown. In 1992 het hy die rol vertolk van Jimmy Hoffa in Hoffa wat deur Danny DeVito geregisseer is.[14] Dieselfde jaar het Nicholson ook verskyn in A Few Good Men. Hy het weer met Burton saamgewerk op Mars Attacks! (1996). Vir sy volgende rol in As Good as It Gets (1997) het hy 'n Oscar vir Beste Akteur ontvang.[15] In 2006 het saam met Matt Damon en Leonardo DiCaprio gespeel in The Departed wat deur Martin Scorsese geregisseer is. Hy het ook saam met Morgan Freeman gespeel in die komediefilm The Bucket List uit 2007. Sy finale verskyning as akteur was in How Do You Know uit 2010, waarna hy na bewering afgetree het as gevolg van geheueverlies.[16]