Europese tortelduif
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Europese tortelduif (Streptopelia turtur) is 'n lid van die voëlfamilie Columbidae. In Suider-Afrika is die voëlspesie nog net vyf keer as 'n swerwer aangeteken, naamlik in Suid-Afrika, Namibië en Botswana.
Europese tortelduif | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | S. turtur |
Binomiale naam | |
Streptopelia turtur (Linnaeus, 1758) | |
verspreiding
broeigebied oorwinteringsgebied |
Dit is 'n trekvoëlspesie met 'n suiderlike Palearktiese leefarea, insluitend Turkye en Noord-Afrika, alhoewel dit skaars is in noordelike Skandinawië en Rusland. Hierdie tortelduiwe oorwinter in Noord-Afrika, met enkele swerwers wat suidelike Afrika bereik.
In Europa het die getalle van die tortelduif baie afgeneem, omrede verandering in landboumetodes die voël se voeding bedreig. Op die trekroetes oor Malta en Siprus word hulle ook gejag en geëet. In 2016 maak die Maltese regering bekend dat in Malta 5 000 voëls geskiet mag word, wat tot protes uit ander lidstate van die Europese Unie lei.[1]