Eurasiese gaai
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Eurasiese gaai (Garrulus glandarius) is ’n voëlspesie wat oor ’n groot streek in Wes-Europa en Noordwes-Afrika tot by die Indiese Subkontinent voorkom, asook verder tot die ooskus van Asië en suid tot in Suidoos-Asië. Oor dié groot gebied het ’n paar afsonderlike rassevorme ontstaan wat nou baie van mekaar verskil wat voorkoms betref.
Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Eurasiese gaai | |
---|---|
’n Eurasiese gaai in Engeland. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Garrulus |
Spesie: | G. glandarius (Linnaeus, 1758) |
Binomiale naam | |
Garrulus glandarius | |
Subspesies | |
33 (in agt groepe) – sien teks. | |
Verspreiding van G. glandarius |
Sluit
Engelssprekendes in Brittanje en Ierland noem die voël bloot jay ("gaai"). Dit is die oorspronklike gaai waarna alle ander gaaie genoem is.