Eshowe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Eshowe is die oudste Europese nedersetting in Zoeloeland. Dit lê in die KwaZulu-Natal-provinsie, Suid-Afrika, 26 km noordwes van Gingindlovu. Die dorp lê op 'n plato wat 500 m hoër is as die vogtige kusvlakte; dit is die rede waarom die Zoeloes sê dat dit altyd koel is in Eshowe. Die dorp het 'n bevolking van 14 744 in 2011 gehad.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Eshowe | |
---|---|
Fort Nonquai in Eshowe | |
Koördinate: 28°53′18″S 31°26′54″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Distrik | King Cetshwayo |
Munisipaliteit | uMlalazi |
Stigting | 1880[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 18,23 km2 (7,04 vk. myl) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 14 744 |
• Digtheid | 809/km2 (2 100/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 7.4% |
• Indiërs/Asiërs | 4.6% |
• Bruin mense | 5.0% |
• Swart mense | 82.7% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 75.8% |
• Engels | 17.5% |
• Afrikaans | 2.9% |
• Ndebele | 1.2% |
• Ander | 2.6% |
Poskode (strate) | 3815 |
Poskode (posbusse) | 3815 |
Skakelkode | 035 |
Sluit