Ernest Bloch
Amerikaanse komponis van Switserse afkoms (1880-1959) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Ernest Bloch (24 Julie 1880 – 15 Julie 1959) was 'n Amerikaanse komponis van Switserse afkoms.[1] Bloch was een van die uitemendste kunstenaars van sy era en word erken as een van die grootste Switserse komponiste.[2] Bloch het musiek gekomponeer maar was ook 'n akademikus wat in 1952 aangestel is as Professor Emeritus aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley.[3]