Egiptenare
From Wikipedia, the free encyclopedia
Egiptenare (Egiptiese Arabies: مِصريّون; Kopties: ⲛⲓⲣⲉⲙⲛ̀ⲭⲏⲙⲓ, Ni/rem/en/kīmi) is 'n etniese groep inheems aan Egipte en die bevolking van dié land, met 'n gemeensame kultuur en dialek, bekend as Egiptiese Arabies.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Egiptiese Arabies.
Egiptenare | |
---|---|
Egiptiese vroue in tradisionele klere | |
Totale bevolking: | 104,2 miljoen (2017)[1] |
Belangrike bevolkings in: | Egipte ~94,8 miljoen (2017)[1][2] Saoedi-Arabië 2 900 000[3] |
Taal: | Egiptiese Arabies en Kopties |
Geloofsoortuiging: | Islam (veral Soenni en Soefi) Christendom (veral Kopties-Ortodoks; ook Kopties-Katoliek, Protestant) |
Verwante etniese groepe: | Ander Semitiese en Afro-Asiatiese volke • Kopte en Nubiërs • Arabiere, Berbers, Europeërs en Levantyne[10][11][12] |
Die Egiptiese identiteit is nou verbonde aan geografie. Die Egiptiese bevolking is weerskante die laer Nylvallei, die nou strook van bewerkbare land wat van die eerste Katarakt na die Middellandse See streek en beide in die ooste en weste deur woestyn begrens word. Dié unieke geografie vorm sedert antieke tye die basis vir die ontwikkeling van die Egiptiese samelewing.
Egiptenare besig in hul alledaagse lewe die plaaslike dialek, Egiptiese Arabies, Masri genoem. Hulle is hoofsaaklik aanhangers van Soennitiese Islam, met 'n Sjiitiese en Soefistiese minderheid.[13] 'n Aansienlike persentasie Egiptenare, die Kopte, is Kopties-Ortodokse Christene, wie se liturgiese taal, Kopties, die moderne ontwikkelingstadium van antieke Egipties is en steeds saam met Egiptiese Arabies in godsdienste gebruik word.