Dwase vir Christus
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dwaasheid vir Christus verwys na gedrag soos om al ’n mens se wêreldse besittings prys te gee wanneer hy by ’n monnike-orde aansluit of om doelbewus die gemeenskap se gebruike te verontagsaam vir ’n godsdienstige doel – veral in die Christendom. Sulke mense het ook bekend gestaan as "heilige dwase" of "geseënde dwase". Die term "geseënd" sluit beide swaksinnigheid en onskuld in God se oë in.[1]
Die term dwase vir Christus kom van die geskrifte van Paulus. Woestynvaders en ander heiliges het as heilige dwase opgetree, nes die joerodiwi in Oosters-Ortodokse asketisme. Dwase vir Christus openbaar dikwels ongewone of skokkende gedrag om beswaar te maak teen aanvaarde norme, profesieë te lewer of hul vroomheid te verberg.[2]
Soortgelyke gedrag word ook in nie-Christelike gelowe soos Soefisme aangetref. Die soefis Moella Nasroeddin was ’n goeie voorbeeld.