Dikbekraaf
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die dikbekraaf (Corvus crassirostris), ’n lid van die familie Corvidae van die Horing van Afrika, is saam met die gewone raaf die grootste voëls in die familie. Hulle is ook die grootstes van die mees uiteenlopende voëlorde van heelwat meer as 5 000 geïdentifiseerde spesies, die sangvoëls. Die dikbekraaf is gemiddeld 64 cm lank en weeg sowat 1,15 kg (wyfies) tot 1,5 kg (mannetjies).[2][3][4][5]
Dikbekraaf | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. crassirostris (Rüppell, 1836) |
Binomiale naam | |
Corvus crassirostris | |
Verspreiding van die dikbekraaf. |
Dit het ’n baie groot, geboë snawel en dit gee die voël ’n kenmerkende voorkoms. Die snawel van 8-9 cm, die grootste van enige sangvoël, is swart met ’n wit punt en diep groewe.[6] Dié raaf het baie kort vere aan die kop, keel en nek. Die keel en bobors het ’n olierige bruin glans, terwyl die res van lyf glansend swart is, buiten die kenmerkende wit kol aan die agternek.