Die aanbidding deur die drie Wyses in kuns
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Aanbidding deur die Wyses of Aanbidding deur die Konings is die naam wat tradisioneel in kuns aan die onderwerp gegee word, en waarin die Bybelse Magi (voorgestel as konings, veral in die Weste) nadat hulle Jesus gevind het deur die Ster van Betlehem te volg, geskenke van goud, wierook en mirre voor Hom lê en die Jesuskind aanbid. Dit word weergegee in die Bybel in Matteus 2:11, 2:12 en 2:13: "En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre. En omdat hulle in 'n droom 'n goddelike waarskuwing ontvang het om nie na Herodes terug te keer nie, het hulle met 'n ander pad na hul land teruggegaan. En toe hulle teruggegaan het, verskyn daar 'n engel van die HERE in 'n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak".
Christelike ikonografie het in groot mate die relaas van die Bybelse Magi wat in die tweede hoofstuk van die Evangelie volgens Matteus gegee word (Matteus 2:1 – 2:11) uitgebrei en dit gebruik om te benadruk dat Jesus vanaf sy vroegste dae af erken is as die Koning van die aarde. Die toneel is dikwels gebruik om die Geboorte van Christus; een van die mees onontbeerlike episodes in siklusse van die Lewe van die Maagd sowel as die Lewe van Christus; uit te beeld.
In die kerkkalender word die gebeurtenis herdenk in die Westerse Christendom as die Fees van die Epifanie (6 Januarie). Die Ortodokse Kerk herdenk die Aanbidding deur die Wyses (of Magi) tydens Die Fees van die Geboorte van Christus (25 Desember). Die begrip is geangliseer van die titel: A Magis adoratur uit die Vulgaat (Die Vulgaat is die beroemde Latynse Bybel wat die vorige een, die Vetus Latina vervang het. Die Vulgaat is 'n nuwer vertaling uit Hebreeus eerder as die bestaande Griekse Septuagint).