David Hume
Skotse filosoof, ekonoom, geskiedkundige en essayis / From Wikipedia, the free encyclopedia
David Hume [hju:m] (* 7 Mei 1711; † 25 Augustus 1776 in Edinburg) was 'n Skotse filosoof, ekonoom, geskiedkundige en essayis. Hy was die belangrikste verteenwoordiger van die Verligting in Skotland en word met twee filosofiese strominge, empirisme en sensualisme, verbind.[1] Bertrand Russell was van mening dat Hume die beginsels van empirisme tot niet gemaak het.[2]
Skotse filosoof, ekonoom, geskiedkundige en essayis
Filosofiese stroming
Empirisme en sensualisme
Beduidende werke
The History of England (1754-1762)
Hume se filosofiese denke was skepties van aard en vry van metafisiese invloede. Dit het die aanleiding tot Immanuel Kant se Kritik der reinen Vernunft gegee en sou later ook invloed op die moderne strominge van positivisme en analitiese filosofie uitoefen.
Hume se ekonomiese gedagtes word by die preklassieke fase van ekonomiese teorievorming gereken. Hume was deur vriendskapsbande aan Adam Smith geheg en het gedagtes en idees met hom uitgeruil.