Daniil Medvedev
From Wikipedia, the free encyclopedia
Daniil Sergeyevich Medvedev (Russies: Дании́л Серге́евич Медве́дев; Afrikaanse transliterasie: Danijil Sergejewitsj Medwjedef; gebore 11 Februarie 1996) is 'n Russiese professionele tennisspeler. Hy is tans no. 3 op die wêreldranglys van mansenkelspelspelers volgens die ATP.[1] In die eindrondte van die Amerikaanse Ope van 2021 het Medvedev die belangrikste wedstryd in die geskiedenis van moderne tennis gewen deur die no. 1-speler, Novak Djokovic, te klop en te voorkom dat hy slegs die derde man word wat 'n kalender-Grand Slam wen.[3]
Daniil Medvedev in 2019 | ||
Volle naam | Daniil Sergeyevich Medvedev Даниил Сергеевич Медведев | |
---|---|---|
Land | Rusland | |
Woonplek | Monte Carlo, Monaco[1] | |
Geboortedatum | 11 Februarie 1996 (1996-02-11) (27 jaar oud) [1] | |
Geboorteplek | Moskou, Rusland[1] | |
Lengte | 1,98 m[1] | |
Gewig | 83 kg[1] | |
Afrigter | Gilles Cervara[1] | |
Begin professioneel | 2014[1] | |
Spelstyl | Regshandig (tweehandige handrughou)[1] | |
Loopbaan-wengeld | $39 301 567 (soos op 29 Januarie 2024)[1] (7de van alle tye)[2] | |
Enkelspel | ||
Loopbaanrekord | 339–137 (71,2%)[1] | |
Loopbaantitels | 20[1] | |
Hoogste rang | No. 1 (28 Februarie 2022)[1] | |
Huidige rang | No. 3 (29 Januarie 2024)[1] | |
Grand Slam-uitslae | ||
Australiese Ope | E (2021, 2022, 2024) | |
Junior | 3R (2014) | |
Franse Ope | KE (2021) | |
Junior | 3R (2014) | |
Wimbledon | HE (2023) | |
VSA-Ope | W (2021) | |
Groot toernooie | ||
Toereindronde | W (2020) | |
Olimpiese Spele | KE (2020) | |
Dubbelspel | ||
Loopbaan-rekord | 16–23 (41,0%)[1] | |
Loopbaantitels | 0[1] | |
Hoogste rang | No. 170 (19 Augustus 2019)[1] | |
Huidige rang | No. – (29 Januarie 2024)[1] | |
Australiese Ope | 1R (2017) | |
VSA-Ope | 2R (2017) | |
Groot dubbelspeltoernooie | ||
Olimpiese Spele | 1R (2020) | |
Laaste opgedateer op: 29 Januarie 2024. |
Met sy wenslag in die eindstryd van die ATP-jaareindtoernooi van 2020 het Medvedev die eerste en enigste speler geword wat die wêreld se drie topspelers geklop het op pad na die jaareind-kampioenetitel. Medvedev was ook die naaswenner in die Amerikaanse Ope van 2019 en 2023, asook die Australiese Opes van 2021, 2022 en 2024.