Dallas
From Wikipedia, the free encyclopedia
Dallas is die derde grootste stad in die Amerikaanse deelstaat Texas. Dit is ook die negende grootste stad van die Verenigde State met 1,3 miljoen inwoners. Die metropolitaanse gebied van Houston het 'n bevolking van 6,3 miljoen. Die stad is bekend vir sy ryk oliemaatskappye.[1]
Dallas | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag van Dallas | |
Land | Verenigde State |
Deelstaat | Texas |
Koördinate | 32°47′N 96°48′W |
Geïnkorporeer op | 2 Februarie 1856 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 999,2 vk km |
Hoogte bo seevlak | 131 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2020-skatting) | 1 304 379 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 482,99/vk km |
Tydsone | UTC -6 (CST) |
- Somertyd | UTC -5 (CDT) |
Burgemeester | Eric Johnson (D) |
Amptelike webwerf | dallascityhall.com |
Dallas ontstaan in 1841 en is na adjunkpresident George M. Dallas genoem. John Neely Bryan bou in dieselfde jaar 'n huisie naby die Trinityrivier en begin 'n veerdiens. Die huisie is steeds in die middel van Dallas te sien.
Op 22 November 1963 is president John F. Kennedy tydens 'n rytoer in Dallas vermoor, vermoedelik deur Lee Harvey Oswald.
Dallas was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 sal weer wedstryde hier aangebied word.