Dalai Lama
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Dalai Lama is ’n monnik van die Gelug-skool van Tibettaanse Boeddhisme[1] wat deur Tsongkhapa gestig is. Die Dalai Lama word beskou as die opvolger in ’n lyn van reïnkarnasies van Avalokitesvara,[2] die bodhisattva van meelewing.[3] Die term is ’n kombinasie van die Mongoolse woord dalai ("oseaan") en die Tibettaanse woord bla-ma ("ghoeroe, onderwyser, mentor").[4] Die 1ste Dalai Lama was Gendun Drup en die 14de en huidige Dalai Lama is Tenzin Gyatso.
- Hierdie artikel handel oor die Dalai Lama in die algemeen. Vir die artikel oor die huidige Dalai Lama, sien Tenzin Gyatso.
Kitsfeite Tibettaans, Transliterasie ...
Dalai Lama | |
---|---|
Gendun Drup, die 1ste Dalai Lama. | |
Tibettaans | ཏཱ་ལའི་བླ་མ་ |
Transliterasie | tā la'i bla ma |
Konvensioneel | Dalai Lama |
Huis | Dalai Lama |
Sluit
Van 1642 tot die 1950's (buiten 1705 tot 1750) het die Dalai Lamas of hul regente aan die hoof gestaan van die Tibettaanse regering, wat oor die grootste deel van die Tibettaanse Plato regeer het. Die Ganden Tripa is egter in naam die hoof van die Gelug-Boeddhisteskool.