Ceres
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ceres is 'n groot dorp aan die Dwarsrivier in die Warm Bokkeveld, 127 km noordoos van Kaapstad, 16 km vanaf Wolseley en 10 km vanaf Prince Alfred Hamlet. Ceres pronk daarnaas ook met die grootse vrugteverpakkingsfabriek in die Suidelike Halfrond.
- Hierdie artikel handel oor die dorp "Ceres" in Suid-Afrika. Vir ander artikels met dieselfde naam, sien Ceres (dubbelsinnig).
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Ceres | |
---|---|
Ceres se hoofstraat in die winter | |
Koördinate: 33°22′S 19°19′O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Kaapse Wynland |
Munisipaliteit | Witzenberg |
Stigting | 1854[1] |
Oppervlak | |
• Totaal | 80,7 km2 (31,2 vk. myl) |
Hoogte | 450 m (1 480 ft) |
Bevolking (2011)[2] | |
• Totaal | 33 224 |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 61.4% |
• Swart mense | 28.7% |
• Ander | 1.0% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 70.2% |
• Xhosa | 23.0% |
• Sotho | 2.9% |
• Engels | 2.1% |
• Ander | 1.9% |
Skakelkode | 023 |
Sluit
Ceres is die tweede belangrikste dorp in die Breederivierstreek na Worcester en die administratiewe en ekonomiese sentrum van die Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit. Baie mense beskou dit as een van die mooiste kleiner dorpe in Suid-Afrika.