Cepheïed
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Cepheïed is ’n baie helder soort veranderlike ster. Die noue direkte verhouding tussen Cepheïede se helderheid en hul polsperiode[1][2] het hul status bepaal as standaardmeetinstrumente vir afstande in die heelal.[3][4][5]
Cepheïede word onderverdeel in verskeie subklasse volgens hul massa, ouderdom en evolusiegeskiedenis, onder meer in klassieke, Tipe II- en dwerg-Cepheïede.
Die term "Cepheïed" kom van die ster Delta Cephei in die sterrebeeld Kefeus (Latyn: Cepheus), die eerste ster van dié soort wat geïdentifiseer is, deur John Goodricke in 1784. Dit is ook een van die Cepheïede waarvan die afstand die akkuraatste bepaal is, deels danksy sy ligging in ’n sterreswerm[6][7] en die beskikbaarheid van presiese Hubble-ruimteteleskoop/Hipparcos-parallakse.[8]