Cannes-rolprentfees 1983
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 36ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 8-19 Mei 1983 gehou. Die Amerikaanse skrywer William Styron was die voorsitter van die jurie. Altesaam 48 rolprente en kortfilms het om pryse meegeding.
Kitsfeite
Cannes-rolprentfees 1983
| ||
Datum | 8-19 Mei 1983 | |
Plek | Cannes, Frankryk | |
Getal prente | 22 (In Kompetisie) 16 (Un Certain Regard) 10 (Kortprente) | |
Webtuiste | Cannes-rolprentfees | |
Belangrike prente | ||
Openingsfliek | The King of Comedy | |
Afsluitingsfliek | WarGames | |
Palme d'Or | The Ballad of Narayama |
Sluit
Die Japannese rolprent The Ballad of Narayama (Narayama Bushiko) van die regisseur Shōhei Imamura het die Palme d'Or gewen.[1][2] Die fees is geopen met Martin Scorsese se The King of Comedy en afgesluit met WarGames van John Badham[3][4]