Bruto nasionale geluk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bruto nasionale geluk (BNG) ː(Engelsː Gross National Happiness - GNH) is 'n filosofie wat as grondslag dien van die regering van Bhoetan se regeringsbeleid. Dit omvat 'n indeks wat gebruik word om die kollektiewe geluk en welsyn van 'n bevolking te meet. Bruto Nasionale Geluk word op 18 Julie 2008 ingestel as die doelwit van die regering van Bhoetan, soos gestel in die land se grondwet.[1]
Die term Bruto Nasionale Geluk is in 1972 geskep tydens 'n onderhoud deur 'n Britse joernalis vir die Financial Times in Mumbai-lughawe met die destydse koning van Bhoetan, Jigme Singye Wangchuck, wat gesê het "Bruto nasionale geluk is belangriker as bruto nasionale produk."[2][2][3]
In 2011 het die Verenigde Nasies (VN) se Algemene Vergadering 'n resolusie aanvaar oor "Geluk: 'n holistiese benadering tot ontwikkeling." In die resolusie is lidlande versoek om die voorbeeld van Bhoetan te volg en geluk en welsyn te meet en geluk as 'n fundamentele menslike doelwit te stel.[4]
In 2012 het Bhoetan se destyse eerste minister Jigme Thinley en die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Ban Ki-moon 'n hoëvlakvergadering byeengeroep oor "Welstand en Geluk: Definieering van 'n Nuwe Ekonomiese Paradigma" om die verspreiding van Bhoetan se BNG-filosofie aan te moedig.[5] Op die hoëvlakvergadering is die eerste Wêreldgelukverslag uitgereik. Kort na die hoëvlakvergadering is 20 Maart 2012 verklaar as Internasionale Dag van Geluk deur die VN in 2012 met resolusie 66/281.[6]
Bhoetan se eerste minister, Tshering Tobgay, het aanvanklik 'n fokus op meer konkrete doelwitte geplaas in plaas daarvan om BNG te bevorder toe hy sy amp beklee het,[7] maar hy het sederdien die BNG konsep wel internasionaal bevorder.[8] Ander Bhoetanese amptenare bevorder ook die verspreiding van BNG by die VN en die breer internasionale gemeenskap.[9][10]