Bougainvillea
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bougainvillea is ’n genus doringagtige, ornamentele rankplante, bosse en bome met blomagtige veerblare naby sy blomme. Verskillende kenners erken van vier tot 18 spesies in die genus. Hulle is inheemse plante van Suid-Amerika, van Brasilië wes tot in Peru en suid tot in Suid-Argentinië. Die plant is in verskillende lande ook onder verskeie ander name bekend.
Bougainvillea | |
---|---|
Bougainvillea spectabilis. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Tribus: | Bougainvilleeae |
Genus: | Bougainvillea Comm. ex Juss. |
Spesies | |
|
Die rankspesies reik oor ander plante met hul stekerige dorings. Aan die punte van die dorings kom ’n swart, wasagtige stof voor. Die plante is immergroen waar reënval deur die jaar voorkom of bladwisselend as daar ’n droë seisoen is. Die blare is 4 tot 13 cm lank en 2 tot 6 cm breed. Die eintlike blom van die plant is klein en gewoonlik wit, maar elke tros van drie blomme word omring deur drie tot ses skutblare met die helder kleure wat met die plant verbind word – onder meer pienk, magenta, pers, rooi, oranje, wit en geel.