Bosniake
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bosniake (Bosnies: Bošnjaci/Бошњаци, [boʃɲǎːt͡si]; manlike enkelvoud: Bošnjak/Бошњак, vroulike enkelvoud: Bošnjakinja/Бошњакиња) is 'n Slawiese nasie en etniese groep inheems aan Bosnië en Herzegowina en aangrensende lande van die Balkanskiereiland, wat Bosnies, 'n Suid-Slawiese taal, as moedertaal praat. Hulle vorm volgens die grondwet saam met Kroate en Serwiërs die titulêre nasie van Bosnië en Herzegowina en maak volgens die laaste sensus van 1996 omtrent 46% van dié land se bevolking uit. Daarbenewens vorm Bosniake belangrike minderhede in Kosowo, Kroasië, Montenegro en Serwië.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Bosnies. Moenie verwar word met Bosniërs nie.
Bosniake | |
---|---|
Totale bevolking: | ca. 2,8–4,6 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Bosnië en Herzegowina ~1,8 miljoen[1] Duitsland 158 158[2] |
Taal: | Bosnies |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Soennitiese Islam[22] Daarbenewens onkonfessionele Moslems,[23] Kulturele Moslems,[24] progressiewe Moslems[25] en ongebonde[26] |
Verwante etniese groepe: | Ander Suid-Slawiese volke soos Bulgare, Kroate, Masedoniërs, Montenegryne, Serwiërs en Slowene[27] |
Die meeste Bosniake is aanhangers van die Soennitiese Islam. Die Islamisering van Bosnië het met die Ottomaanse verowering in die 15de en 16de eeu begin.
Wêreldwyd leef tussen 2,8 en 4,6 miljoen Bosniake, waarvan sowat 1,8 miljoen in Bosnië en Herzegowina. Die Bosniese diaspora het veral as gevolg van drie gebeure in Bosnië en Herzegowina se geskiedenis in die buiteland gevestig:
- die anneksasie van die destyds Ottomaanse gebied van Bosnië deur Oostenryk-Hongarye in 1908,
- die twee wêreldoorloë wat ook Bosnië geskud het en
- die Bosniese oorlog van die vroeë 1990's.