Bob Behnken
From Wikipedia, the free encyclopedia
Robert Louis Behnken (gebore 28 Julie 1970 in St. Ann, Missouri) is ’n Nasa-ruimtevaarder, ingenieur en voormalige hoof van die Amerikaanse Ruimtevaardersburo. Hy het ’n Ph.D in meganiese ingenieurswese en die rang van kolonel in die Amerikaanse Lugmag, waar hy gedien het voordat hy in 2000 by Nasa aangesluit het.
Kitsfeite Robert Behnken, Beroep ...
Robert Behnken | |
---|---|
Beroep | Nasa-ruimtevaarder Toetsvlieënier |
Nasionaliteit | Amerikaans |
Geboortenaam | Robert Louis Behnken |
Gebore | 28 Julie 1970 (1970-07-28) (53 jaar oud) St. Ann, Missouri |
Rang | Kolonel (Amerikaanse Lugmag) |
Tyd voorheen in die ruimte |
29d 12h 17m |
Sendings | STS-123, STS-130, SpX-DM2 |
Kentekens |
Sluit
Hy was aan boord van die ruimtependeltuig Endeavour-sendings STS-123 (2008) en STS-130 (2010) en het meer as 708 ruimte-ure agter die rug, insluitende 37 uur ruimtewandelingstyd.[1]
Hy is met mederuimtevaarder K. Megan McArthur getroud.[2]