Belydenis van Belhar
Christelike geloofsverklaring geskryf in Afrikaans in 1982 deur die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-Afrika in 1986 aanvaar / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Belharbelydenis is 'n Christelike geloofsdokument wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is en deur die sinode van die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-Afrika in 1986 as geloofsbelydenis aangeneem is.
Die belydenis is vernoem na Belhar, 'n voorstad van Bellville, Suid-Afrika, waar die algemene sinode van die NGSK in 1982 gehou is.