Bellville
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bellville is 'n voormalige stad in die Wes-Kaap (Suid-Afrika), maar is nou 'n residensiële voorstad van Kaapstad. Dit is sowat 20 kilometer vanaf Kaapstad se middestad geleë. Die Universiteit van Wes-Kaapland, die hoofkantore van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika en van Sanlam kan in die voorstad gevind word. Danksy die sentrale ligging, is dit ook naby die Kaapstad Internasionale Lughawe, 'n aantal gholfbane, die Kaapse wynroetes en verskeie winkelsentrums.
Kitsfeite Bellville (Twaalf Myl / Hardekraaltjie), Land ...
Bellville (Twaalf Myl / Hardekraaltjie) | |
---|---|
Voorstad | |
Lugfoto van Bellville met Valsbaai op die agtergrond. | |
Koördinate: 33°54′0″S 18°38′0″O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Metropolitaanse Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Stigting | 1861 |
Vernoem na | Charles Davidson Bell |
Oppervlak | |
• Totaal | 52,39 km2 (20,23 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 112 507[1] |
• Digtheid | 2 100/km2 (5 000/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | Busse: 7535 Strate: 7530 |
Skakelkodes | 021 |
Sluit