Bedoeïene
halfnomadiese groep wat afstam van nomades in die Woestyn van Arabië en van Sirië / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Bedoeïene (van die Arabiese badawī, بدوي) is ’n Arabiese halfnomadiese groep wat afstam van nomades wat histories die Arabiese en die Siriese Woestyn bewoon het. Hul naam beteken "woestynswerwers" in Arabies.[30] Hul woongebied strek van die uitgestrekte woestyne van Noord-Afrika tot die rotsagtige sandstreke van die Midde-Ooste.[30] Hulle word tradisioneel in stamme, of clans, opgedeel en deel ’n kultuur van kameel- en bokboerdery.[30]
Bedoeïene | |
---|---|
’n Bedoeïense gesin in Oman. | |
Totale bevolking: | 21 250 700[1] |
Belangrike bevolkings in: | Soedan 10 199 000[2] Algerië 230 000[3]-2 257 000[4] |
Taal: | Arabies |
Geloofsoortuiging: | Islam |
Verwante etniese groepe: | Arabiere |
Die Bedoeïene is deur die geskiedenis verskillende name genoem, van "Kedar" in die Bybel tot "Araba'a" deur die Assiriërs. Hulle word in die Koran "A'raab" (Arabies: أعراب) genoem.
Hoewel baie Bedoeïene vandag hul nomadiese bestaan vir ’n lewe in die stad verruil het, het hulle hul tradisionele kultuur van musiek, gedigte, danse ensovoorts behou. Verstedelikte Bedoeïene organiseer ook kultuurfeeste waarin hulle deelneem aan Bedoeïense tradisies en daaroor leer.