Bafta
From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Bafta of BAFTA is ’n prys van die Britse Akademie vir Rolprent- en Televisiekuns (Engels: British Academy of Film and Television Arts). Hierdie pryse word jaarliks op ’n luisterryke seremonie toegeken, onder meer vir die beste rolprente, TV-programme en akteurs.[1] Van 2008 af word dit in die Royal Opera House in Sentraal-Londen gehou. Die 70ste Bafta-toekenningsaand is op 12 Februarie 2017 aangebied.
- Hierdie artikel handel oor die rolprent- en televisieprys. Vir ’n artikel oor die akademie, sien Britse Akademie vir Rolprent- en Televisiekuns.
Kitsfeite
British Academy Film Awards
| ||
Die 2008-seremonie. | ||
Toegeken vir | Uitmuntendheid in die rolprentbedryf | |
Borg | Britse Akademie vir Rolprent- en Televisiekuns | |
Land | Verenigde Koninkryk | |
Datum | Jaarliks in Februarie | |
Vorige naam | British Film Academy Awards | |
Eerste toekenning | 29 Mei 1949 (1949-05-29) (74 jaar oud) | |
Webtuiste | bafta.org |
Sluit