Bacha Khan Internasionale Lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Bacha Khan Internasionale Lughawe (IATA: PEW, ICAO: OPPS), voorheen bekend as Pesjawar Internasionale Lughawe, is 'n internasionale lughawe geleë in Pesjawar, Khyber Pakhtunkhwa, Pakistan. Dit is geleë in die suidwestelike punt van die stad Pesjawar en is die vierde besigste lughawe in Pakistan.
Kitsfeite Bacha Khan Int. Lughawe Pasjtoe: د باچا خان نړیوال هوایی ډګر, IATA: PEW – ICAO: OPPS ...
Bacha Khan Int. Lughawe Pasjtoe: د باچا خان نړیوال هوایی ډګر | |||
---|---|---|---|
IATA: PEW – ICAO: OPPS | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Operateur | Pakistan Civil Aviation Authority | ||
Bedien | Pesjawar | ||
Ligging | Khyber Pakhtunkhwa, Pakistan | ||
Hoogte bo seevlak | 1 158 vt / 353 m | ||
Koördinate | 33°59′38″N 71°30′53″E | ||
Webtuiste | www | ||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
vt | m | ||
17/35 | 9 000 | 2 743 | Teer |
Statistieke (2017-18) | |||
Passasiers | 1 578 319 | ||
Lugbewegings | 10 736 | ||
Vrag (metrieke ton) | 7 646 | ||
Sluit
Een van die hoofaanloopbane van die lughawe word gekruis deur 'n spoorlyn bekend as die Khyber-treinsafari, wat na die dorp Landi Kotal in die Khyberpas loop, alleenlik met toerisme ten doel. Die lughawe is op 27 Januarie 2012 herdoop na Abdul Ghaffar Khan (met die bynaam Bacha Khan), 'n prominente Brits-Indiese vryheidsvegter en later Pakistanse Pasjtoene-aktivis.[1] Die lughawe is van 2016 tot 2018 omvattend herbou.