Arrhenius se vergelyking
From Wikipedia, the free encyclopedia
Arrhenius se vergelyking is 'n eenvoudige dog verbasend akkurate formule wat die temperatuurafhanklikheid van die snelheidskontante en daarom ook die reaksiesnelheid van 'n chemiese reaksie beskryf.[1] Die vergelyking is vir die eerste keer voorgestel deur die Nederlandse chemikus J.H. van’t Hoff in 1884 en vyf jaar later het die Sweedse chemikus Svante Arrhenius 'n fisiese regverdiging en interpretasie van die vergelyking voorsien. Die vergelyking kan as 'n empiriese vergelyking beskou word.[2] Die vergelyking kan gebruik word om die temperatuurveranderinge van diffusiekoëffisiënte te modelleer, die hoeveelheid kristalleemtes en baie ander termiesbeheerde prosesse/reaksies.