Andrew Roberts
Engelse historikus / From Wikipedia, the free encyclopedia
Andrew Roberts [1] (gebore op 13 Januarie 1963)[2] is 'n Britse geskiedkundige en joernalis. Hy is 'n gasprofessor aan die Departement van Oorlogstudies, King's Kollege Londen, 'n Roger en Martha Mertz-gasnavorsingsgenoot by die Hoover Instituut by Stanford-universiteit en 'n Lehrman Instituut Uitgelese Lektor by die New York Geskiedkundige Genootskap. Roberts het sy opvoeding by Gonville en Caius Kollege, Cambridge ontvang, waar hy 'n eersteklas graad in Moderne Geskiedenis verdien het.
Andrew Roberts | |
---|---|
Gebore | 13 Januarie 1963 |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Beroep | Skrywer, joernalis, historikus |
Sy openbare kommentaar het in verskeie tydskrifte verskyn, soos The Daily Telegraph en The Spectator. Roberts is die beste bekend om sy 2009 nie-fiksie werk The Storm of War.[3][4]Die boek bied 'n blik op die Tweede Wêreldoorlog en dek historiese faktore soos Hitler se opkoms van mag en die organisasie van Nazi-Duitsland. Die boek is wyd geloof[4] en het die Britse Leër se Militêre Boek van die Jaar Toekenning vir 2010 ontvang.[3]
Op ander fronte is sy werk somtyds gekritiseer, byvoorbeeld, The Economist het een boek beskryf as " 'n reuse politiese pamflet gelaai met sy skrywer se vooroordele, met 'n minagtende grynslag teenoor die wat nie sy vooroordele en foute deel nie".[5] Baie van Roberts se werk, insluitende sy 2018 biografie van Winston Churchill, het egter wye lof ontvang; die Sunday Times, het byvoorbeeld die biografie "Ongetwyfeld die beste enkel-volume lewensbeskrywing oor Churchill wat al ooit geskryf is" genoem[6].
Roberts ondersteun in sy werke 'n tussenganger-rol vir die Verenigde Koninkryk wat betref globale diplomatiese en militêre aangeleenthede, en is 'n voorstander van " 'n aktiewe rol in die verdediging van ordentlikheid" deurdat die VK "een van die wêreld se voorste morele polisiemanne is".[7]