Ananke-groep
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Ananke-groep is ’n groep onreëlmatige mane van Jupiter waarvan die wentelbane ooreenstem met dié van die grootste maan in die groep, Ananke, en wat waarskynlik dieselfde oorsprong het.
Die mane se afstand van Jupiter is in die omgewing van 19,3 en 22,7 gigameter. Hulle het ’n inklinasie van tussen 145,7° en 154,8° en ’n eksentrisiteit (afwyking) van tussen 0,02 en 0,28. Die vernaamste lede van groot tot klein is:[1][2]
- Ananke
- Praxidike
- Iocaste
- Harpalyke
- Thyone
- Euanthe
- Euporie
Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) gee name wat op "e" eindig aan die mane in dié groep.