Amasonereënwoud
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Amasonereënwoud (Brasiliaanse Portugees: Floresta Amazônica; Spaans: Selva Amazónica) is ’n tropiese en subtropiese, klam breëblaarwoud in die Amasonebioom wat die grootste deel van die Amasonebekken van Suid-Amerika bedek. Die bekken is 7 000 000 km2 groot, waarvan 5 500 000 km2 deur die reënwoud beslaan word. Die streek sluit gebiede in nege lande in. Die grootste deel is in Brasilië (60%), Peru (13%) en Colombia (10%), met kleiner dele in Venezuela, Ecuador, Bolivia, Guyana, Suriname en Frans-Guiana.
Kitsfeite Lande, Streek ...
Amasonereënwoud | |
---|---|
’n Lugfoto van die Amasonareënwoud.
Kaart van die woud se ekostreke soos aangedui deur die Wêreldnatuurlewefonds. Die geel lyn sluit min of meer die Amasoneopvanggebied in. Nasionale grense word in swart aangedui. (Satellietbeeld deur Nasa) | |
Lande | Brasilië, Peru, Colombia, Venezuela, Ecuador, Bolivia, Guyana, Suriname, Frankryk (Frans-Guiana) |
Streek | Suid-Amerika |
Rivier | Amasone |
Oppervlakte | 5 500 000 km2 |
Sluit
Die Amasone bevat meer as die helfte van die planeet se oorblywende reënwoude,[1] met die mees uiteenlopende boomspesies – daar is ’n geraamde 390 miljard individuele bome, wat in 16 000 spesies verdeel word.[2]