Al Maktoum Internasionale Lughawe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Al Maktoum Internasionale Lughawe (IATA: DWC – ICAO: OMDW, ook bekend as Dubai World Central, [4] is 'n internasionale lughawe in Jebel Ali, 37 kilometer suidwes van die stad Doebai, Verenigde Arabiese Emirate wat op 27 Junie 2010 geopen is. [1] Dit is in die hoofgedeelte van Doebai-Suid, 'n beplande residensiële, kommersiële en logistieke kompleks.
Al Maktoum Int. Lughawe مطار آل مكتوم الدولي Maṭār Āl Maktūm al-Duwalī | |||
---|---|---|---|
IATA: DWC – ICAO: OMDW | |||
Opsomming | |||
Tipe lughawe | Openbaar | ||
Eienaar | Doebaise staatsbesit | ||
Operateur | Dubai Airports Company | ||
Bedien | Doebai | ||
Ligging | Jebel Ali, Verenigde Arabiese Emirate | ||
Geopen | 27 Junie 2010; 13 jaar gelede (2010-06-27)[1] | ||
Spil vir |
| ||
Tydsone | VAE-standaardtyd (UTC+04:00) | ||
Hoogte bo seevlak | 170 vt / 52 m | ||
Koördinate | 24°53′17.80″N 55°9′37.36″E | ||
Webtuiste | www | ||
Landkaart | |||
| |||
Aanloopbane | |||
Rigting | Lengte | Oppervlak | |
m | vt | ||
12/30 | 4 500 | 14 764 | Teer |
Bronː UAE AIP[3] |
Teen die verwagte voltooiing in 2027, sal die lughawe vervoermodes, logistiek en waardetoegevoegde dienste, insluitend vervaardiging en montering, in 'n enkele vry ekonomiese sone bevat.[5] Dit sal 'n gebied van 14 000 hektaar beslaan. Die lughawe het 'n geprojekteerde jaarlikse kapasiteit van 12 miljoen ton vrag en tussen 160 miljoen [6] en 260 miljoen passasiers. [7] Sedert Mei 2019 bedryf slegs 'n handjievol lugrederye passasiersdienste vanaf Al Maktoum Internasionale Lughawe.