Akwaduk
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Akwaduk is ’n kanaal waarmee water vervoer word. In die moderne ingenieurswese word die term vir enige stelsel pype, slote, kanale of tonnels vir dié doel gebruik.[1] In ’n nouer sin word die woord "akwaduk" gebruik vir brûe vir waterleiding – in plaas van ’n pad, spoor, ens. – oor ’n gaping. Dit is afgelei van die Latynse woorde aqua ("water") en ducere ("om te lei").