Afrikaanse Wikipedia
Afrikaanse weergawe van Wikipedia / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van die webgebaseerde vrye-inhoud-ensiklopedie Wikipedia ("vrye" verwys in hierdie geval na die kopievrye lisensiëring van die projek). Die projek is op 16 November 2001 begin en dit was die 11de Wikipedia wat geskep is.[1] Dit beskik tans oor ongeveer 116 581 artikels en is die 69ste grootste Wikipedia volgens die aantal artikels.[2] Die Afrikaanse Wikipedia was in 2020 die derde mees geslagsgelyke Wikipedia van alle taalweergawes in verband met die aantal biografiese artikels per geslag.[3] Benewens Suid-Afrika en Namibië word die Afrikaanse Wikipedia gebruik en in stand gehou deur gebruikers in Europa, Noord-Amerika en Oseanië.
Wikipedia | |
---|---|
Tipe webblad | Wiki |
Taal(e) | Afrikaans |
Registrasie | Opsioneel |
Eienaar | Wikimedia Stigting |
Outeur | Die gemeenskap |
Opgerig | 16 November 2001 |
Huidige status | Aktief |
URL | af |
Die Afrikaanse Wikipedia het tans 393 712 bladsye, waarvan 116 581 artikels is. Dit het 175 774 geregistreerde gebruikers, waarvan 205 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het al 2 666 857 wysigings aangebring en 9 730 lêers opgelaai.
Die Wikipedia gebruik tans MediaWiki weergawe 1.43.0-wmf.5 (58d6360).[4]
Google Translate gebruik die Afrikaanse Wikipedia as korpus om sy vertaalmodel op te lei.[5]