Afrika-Chinese betrekkinge
From Wikipedia, the free encyclopedia
China-Afrika verhoudinge verwys na die historiese, politieke, ekonomiese, militêre, sosiale en kulturele verbindings tussen China en die Afrika-vasteland.
Min is bekend oor die antieke verhoudings tussen China en die Afrika-vasteland, alhoewel daar bewys is van vroeë handelsverbindings. Hoogtepunte van middeleeuse kontakte was die 14de-eeuse reis van Ibn Battuta, die Marokkaanse geleerde en reisiger, na dele van China[1]; die 14de-eeuse besoek van Sa'id van Mogadishu, die Somaliese geleerde en ontdekkingsreisiger, na China[2]; en die 15de eeuse Ming-dinastie-reise van Chinese admiraal Zheng He en sy vloot, wat verby die kus van Somalië gevaar het, die Ajuran-sultanaat verbygesteek het en daarna die kus na die Mosambiekkanaal gevolg het.[3][4]
Moderne politieke en ekonomiese verhoudinge het begin in die era van Mao Zedong, die eerste leier van die Kommunistiese Party van China, na aanleiding van die Chinese Burgeroorlog. Vanaf die 21ste eeu het die moderne staat van die Volksrepubliek China toenemend sterk ekonomiese bande met Afrika gebou. Daar is 'n geraamde een miljoen Chinese burgers wat in Afrika woon.[5] Daarbenewens word geskat dat 200 000 Afrika inwoners in China werk.[6] Swaziland is vanaf 2019 die enigste Afrika-land wat nog Taiwan as die Republiek China erken.
Handel tussen die Volksrepubliek China en Afrika het gedurende die 1990's met 700% gestyg[7], en China is tans Afrika se grootste handelsvennoot.[8] Die Forum vir China-Afrika-Samewerking (FOCAC) is in Oktober 2000 gestig as 'n amptelike forum om die verhoudings te versterk. 'n Paar Westerse lande, soos die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State, het bekommerd geword oor die belangrike politieke, ekonomiese en militêre rolle wat China in die vasteland van Afrika speel.
Die Chinese Ministerie van Buitelandse Sake beklemtoon China se ontwikkelingsbetrokkenheid met Afrika, terwyl hy ook verklaar dat China en Afrika gesamentlike pogings doen om die wettige regte van ontwikkelende lande te handhaaf en die skepping van "'n nuwe, regverdige en billikke politieke en ekonomiese orde in die wêreld".[9]