Abdülhamid II
From Wikipedia, the free encyclopedia
Abdülhamid II, Abdul Hamid II of Abd Al-Hamid II Khan Ghazi (Ottomaanse Turks: عبد الحميد الثانی, moderne Turks: II.Abdülhamid; 21/22 September 1842 – 10 Februarie 1918) was van 1876 tot met sy afsetting in 1909 die 34ste sultan van die Ottomaanse Ryk. Tydens sy bewind het die Ottomaanse mag en grondgebied gekrimp. Hy was die laaste sultan wat absolute mag gehad het en is deur Mehmet V opgevolg.
Kitsfeite Volle naam, Ottomaanse naam ...
Abdülhamid II | |
---|---|
Sultan van die Ottomaanse Ryk Kalief van Islam | |
Abdülhamid II, 1868 | |
Volle naam | Sultan Abdülhamid II Ghazi |
Ottomaanse naam | عبد الحميد الثانی |
Tydperk | 1876–1909 |
Stadium | Verval van die Ottomaanse Ryk |
Huis | Osman |
Voorganger | Murat V |
Opvolger | Mehmet V |
Toegra |
Sluit
Hy was in sommige kringe bekend as Ulu Hakan ("Groot Khan"), en in die Weste ook as "Die Rooi Sultan" (Kızıl Sultan). Sy afsetting ná die Jong Turke-rewolusie is wyd verwelkom deur die Ottomane, wat ’n terugkeer na ’n konstitusionele bewind wou hê.[1]