Yaoundé
From Wikipedia, the free encyclopedia
Yaoundé is die hoofstad en tweede grootste stad naas Douala van Kameroen met 1 430 000 inwoners in 2005 en 'n oppervlakte van 180 km².
Kaart | Vlag |
Wapen | |
Land | Kameroen |
Provinsie | Centre |
Koördinate | 03°52′00″N 11°31′00″O |
Gestig op | 1888 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 180 vk km |
Hoogte bo seevlak | 730 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2005) | 1 430 000 |
- Bevolkingsdigtheid | 7 944/vk km |
Tydsone | UTC +1 |
- Somertyd | UTC +1 |
Burgemeester | Gilbert Tsimi Evouna |
Amptelike webwerf |
Dit lê in die sentrumstreek van die land op 'n hoogte van ongeveer 750 meter bo seespieël.
Die buitepos van Epsumb of Jeundo is in 1887 gestig tussen die riviere Nyong en Sanaga, aan die noordelike rand van die woude van die gebied gebruik deur Duitse ontdekkingsreisigers as 'n handelsbasis vir rubber en ivoor. 'n Militêre garnisoen is in 1895 gebou wat verdere kolonisasie moontlik gemaak het. Na die nederlaag van Duitsland in die Eerste Wêreldoorlog het Frankryk oostelike Kameroen as mandaat gehou, en Yaoundé is in 1922 gekies om die hoofstad van die kolonie te word.
Douala het die belangrikste nedersetting gebly, maar Yaoundé het vinnige groei gesien en voortgegaan as die setel van die regering vir die Republiek Kameroen met sy onafhanklikheid in 1960.
Die grootste deel van die ekonomie van Yaoundé is steeds gesentreer op die administratiewe struktuur van die stad, maar groot nywerhede in Yaoundé sluit tabak, suiwelprodukte, bier, klei, glasgoedere en hout in. Die stad het 'n paar opvallende monumente en geboue, soos die Presidensiële Paleis en Palais des Congrès.