Winterberge
bergreeks in die Oos-Kaap, Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Winterberge is 'n uitgebreide oos-wes-bergreeks en lê net noord van die klein dorpies Bedford, Adelaide en Fort Beaufort in die Oos-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Die berg se gemiddelde hoogte is ongeveer 1 800 meter bo seevlak. Die Groot Winterberg se piek is noord van Adelaide en styg tot 2 371 meter, hoog genoeg om soms bedek te word met sneeu. Die onderliggende geologie bestaan uit skalie en sandsteen van die Beaufort-reeks van die Karoosisteem, dikwels met dolerietintrusies. Reënval is redelik hoog langs die suidelike hange (wat na die see toe front). 'n Indrukwekkende pas oor die bergreeks is die Katbergpas wat deur Andrew Geddes Bain gebou is in 1860–1864.
Kitsfeite
Winterberge | |
---|---|
Ligging | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Hoogte | 2371 meter bo seevlak |
Reeks | Drakensberg |
Koördinate | 32°39′0″S 26°17′0″O |
Bergtipe | Sandsteen met doloriet intrusies. |
Rotsouderdom | Neoargeaans tot vroeg-Paleoproterosoïes |
Sluit