Wildsvleis
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wildsvleis is vleis van 'n dier gejag vir voedsel; die dier word normaalweg nie makgemaak nie. Wild word ook gejag vir sport en ontspanning. Dit word as 'n eeu-oue kuns beskou om 'n wildsbok te agtervolg, te bekruip en dit met 'n goedgeplaasde skoot dood te skiet, hetsy met 'n geweer of 'n pyl-en-boog.
Die tipe en omvang van die diere vir kos gejag, wissel in verskillende dele van die wêreld. Dit word beïnvloed deur die klimaat, wildverskeidenheid, plaaslike smaak en plaaslik aanvaarde menings oor wat kán of kan nié wettig gejag word. Soms word 'n onderskeid ook getref tussen rasse en spesies van 'n bepaalde dier, soos 'n wilde of mak kalkoen.
Vis is uitgesluit van die benaming, en vis wat gevang word vir ontspanning word na verwys as sportvis of hengelvis.