Termiese geleidingsvermoë
From Wikipedia, the free encyclopedia
Termiese geleidingsvermoë, λ, in fisika is die intensiewe eienskap van 'n materiaal wat sy vermoë om hitte te gelei aandui.
Termiese geleidingsvermoë is die hoeveelheid warmte Q, wat deur 'n dikte L in rigting loodreg tot die oppervlak met oppervlakte A gelei word as gevolg van 'n temperatuurverskil ΔT onder gestadigde toestande en wanneer die hitte-oordrag slegs afhanklik is van die temperatuurgradiënt.
- termiese geleidingsvermoë = tempo van warmtevloei × afstand / (oppervlak × temperatuurgradiënt)
- λ = Q × L / (A × ΔT)