Warmbad, Namibië
From Wikipedia, the free encyclopedia
Warmbad (Nama: |Aixa-aibes) is 'n dorp in die uiterste suidooste van Namibië, in die ǁKaras-streek, 43 km suid van Karasburg, met 'n oppervlakte van 12 km² en 'n bevolking van 6 829 (2010).
- Hierdie artikel handel oor die dorp in Namibië. Vir die dorp in Suid-Afrika, sien Warmbad.
Kitsfeite Land, Streek ...
Warmbad | |
---|---|
Landskap naby Warmbad | |
Koördinate: 28°27′0″S 18°44′0″O | |
Land | Namibië |
Streek | ǁKaras |
Eerste verwysing | 1760 |
Oppervlak | |
• Totaal | 12 km2 (5 vk. myl) |
Hoogte | 720 m (2 360 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 6 829 |
• Digtheid | 567/km2 (1 470/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1 |
Sluit
Warmbad lê sowat 720 m bo seevlak naby die oorsprong van die Homrivier en die grens met Suid-Afrika. Die dorp het 'n droë en gematigde klimaat wat kenmerkend is van die Namaland-plato – 'n gebied tussen die suidelike Namibwoestyn en die steppe-klimaatsone in die ooste. Belangrike toeriste-aantreklikhede sluit die sendingkerk van 1810 en Warmbad se naamgewende en internasionaal bekende warmbronne in.