Wêreldrugby o/20-trofee
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wêreldrugby o/20-trofee (tot in 2014 bekend as die IRR Juniorrugbywêreldtrofee) is ’n internasionale rugbykompetisie wat deur Wêreldrugby vir o/20-spelers aangebied word. Die eerste toernooi is in Junie 2008 in Chili aangebied en vervang die vorige o/19 en o/21-kompetisies. Agt spanne neem jaarliks aan die kompetisie deel.
Wêreldrugby o/20-trofee | |
2024 | |
Die trofee waarom meegeding word | |
Sportsoort | Rugby |
---|---|
Gestig | 2008 |
Eienaar | Wêreldrugby |
Inwydingseisoen | 2008 |
Deelnemende lande | wêreldwyd |
Aantal spanne | 8 |
Mees onlangse kampioen | Spanje (2023) |
Verwante kompetisies | Rugbywêreldbeker en Wêreldrugby o/20-kampioenskap |
Die Junior Rugbywêreldtrofee is die tweede vlak van Wêreldrugby se toernooistruktuur vir o/20-spanne. Die hoogste vlak, die Wêreldrugby o/20-kampioenskap, word vir die sterkste lande aangebied en twaalf lande ding hierom mee.
Bevordering en afskuiwing tussen die twee toernooi word toegepas. Die wenner van die trofee sal aan die volgende jaar se Kampioenskap deelneem terwyl die span wat laaste geëindig het in die Kampioenskap om die volgende jaar se trofee sal meeding.